Loading Events

« All Events

Nag Van Sterre met Juanita Du Plessis & Fran Prins

October 30 @ 7:00 pm - 11:30 pm UTC+0
Nag van Sterre
Maak gereed vir ‘n onvergeetlike aand van topklas Afrikaanse musiek wanneer twee van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars dieselfde verhoog deel!
Juanita du Plessis, een van Afrikaans se mees geliefde stemme, bring haar tydlose treffers saam met musiek van haar splinternuwe album Hierdie Oomblik, wat onlangs uitgereik is. Haar nuutste enkelsnit “Ek Staan Nog” is reeds besig om harte regoor die land te wen.
Saam met haar op die verhoog is die opkomende ster Fran Prins, bekend vir treffers soos “Kroeg Cowboys”, “Bitterblou” en sy nuutste vrystelling “Uitspattig Pragtig”, wat vinnig gewild raak onder Afrikaanse musiekliefhebbers.
Verwag ‘n aand vol treffers, saam-sing oomblikke en ongelooflike lewendige musiek!
Datum: 30 Oktober
Show begin: 19:00
Kaartjiepryse:
Enkele kaartjie – R200
4-Sitplek Tafel – R800
6-Sitplek Tafel – R1 200
Rosetulee Family Restaurant
189 Dirk van der Hoff, Dalview, Brakpan
Moenie hierdie spesiale Nag van Sterre misloop nie. Bring jou familie en vriende en geniet ‘n aand vol ongelooflike musiek, heerlike kos en die warm Rosetulee-gasvryheid.
Bespreek vandag nog – hierdie gaan ‘n aand wees waaroor almal gaan praat!

Venue

Rosetulee
189 Dirk van der Hoff str
Dalview, Brakpan, Gauteng 1501 South Africa
+ Google Map
Phone
084 600 7000
View Venue Website